@oumabetsgebak
Ouma Bets Gebak ™Ek kan amper nie glo nie. Ná ’n jaar waarin ek Ouma Bets uit my huis bedryf het, vier ek nou reeds ’n volle jaar in my eie bakkery. TWEE en n half JAAR later🥹❤️ Ek het hierdie besigheid self opgebou, sonder finansiële hulp, lenings, beleggers of sakgeldjies by Ouma. Net harde werk, baie geloof, laat aande, vroeë oggende en die Here se ongelooflike guns. Waar die Here se guns op iets rus, sal daar ’n pad oopgaan. Ek is só dankbaar vir die klein gemeenskap wat ons rondom Ouma Bets gebou het. Vir elke bestelling, elke boodskap, elke besoek en elke persoon wat in hierdie droom geglo het. Julle het gehelp om iets wat in my huis begin het, in soveel meer te verander. En ons is nog net aan die begin. Ek is ongelooflik opgewonde oor waarheen ons op pad is. As jy tans op ’n plek is waar jy twyfel, onseker voel of wonder of jy op die regte pad is, laat hierdie jou herinnering wees: Jy hoef nie alles te hê voordat jy kan begin nie. Begin met wat jy het, werk hard, bly getrou en vertrou die pad. As ek dit kon doen, kan jy ook.
On the profile · Sep 3, 2026